Plaas

Landbougrond in die VSA. Die sirkels is as gevolg van die gebruik van spilpuntbesproeiing
Tipiese plan van 'n middeleeuse Engelse herehuis, wat die gebruik van die veldstroke aandui.

'n Plaas is 'n stuk land wat hoofsaaklik gewy is aan landbou met primêre doel die verbouing van voedsel- en ander gewasse; dit is die basiese fasiliteit vir voedselproduksie. Die naam word gebruik vir gespesialiseerde eenhede soos bewerkbare plase, groenteplase, vrugteplase, suiwel-, vark- en pluimveeplase, en land wat gebruik word vir die produksie van natuurlike vesels, biobrandstof en ander kommoditeite soos huide of smeerolie. Dit sluit plase, voerkrale, boorde, plantasies, landgoedere, kleinhoewes en stokperdjie-plase, asook die plaashuis en geboue vir landbou ,en die land self, in. Deesdae is die term uitgebrei om ook industriële bedrywighede soos windplase en visplase, wat beide op land of see kan wees, in te sluit.

Moderne plase in ontwikkelde lande is hoogs gemeganiseerd. In die Verenigde State van Amerika kan vee grootgemaak word op weiding en afgerond word in voerkrale. Die meganisasie van die produksie van gewasse het gelei tot 'n groot afname in die aantal landbou-werkers wat benodig word. In Europa word die tradisionele familieplase vervang met groter produksie-eenhede. In Australië is sommige plase baie groot want die land is as gevolg van klimaatstoestande nie in staat om 'n hoë veedigtheid te dra nie. In minder ontwikkelde lande is klein plase die norm en die meerderheid van die landelike inwoners is bestaansboere, vir voeding van hul gesinne en die verkoop van enige surplus produkte in die plaaslike mark.

'n Melkmasjien in gebruik

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search